Oor La Palma Villas 35


Hierdie lieflike selfsorg-vakansiewoonstel is in ’n woonstelkompleks wat tot voor op die gewilde Diasstrand strek. Dit is gerieflik tussen Mosselbaai en Hartenbos geleë.

Die ruim woonstel is net twee minute se stap van die strand. Omdat La Palma Villas 35 op die vierde verdieping is, bied dit ook ’n pragtige uitsig op die see en Robeiland vanuit die balkon/braai-area en die hoofslaapkamer.

Kom lê op die strand, slenter langs die see, ry die branders of sit sommer net gemaklik agteroor en geniet die ongelooflike uitsig vanuit die woonstel – of val in die pad en verken die ryke verskeidenheid wat die Tuinroete bied. Die woonstel is so sentraal geleë dat ’n mens daguitstappies in alle rigtings kan beplan.


Pragtige see-uitsig


2 slaapkamers & 2 badkamers


Braaiplek op ruim balkon


Blyplek vir 4 mense


Gratis Wi-Fi, DStv Now (volle pakket), Showmax & Netflix


Diasstrand
(tussen Hartenbos en Mosselbaai)

Twee slaapkamers & twee badkamers


Die tweeslaapkamerwoonstel bied verblyf aan ’n maksimum van vier gaste.

Daar is ’n ekstra-lengte- koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer, wat ook met ’n pragtige see-uitsig spog. In die tweede slaapkamer is twee enkelbeddens. Albei slaapkamers bied ingeboude kaste met hope pakplek. Linne, duvets en ligte komberse word voorsien.

Die woonstel het twee badkamers. In die hoofbadkamer (wat tussen die twee kamers geleë is) is ’n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede badkamer, wat die slaapkamer met twee enkelbeddens bedien, bied ’n stort, wasbak en toilet. Bad- en gesighanddoeke word voorsien.

Kombuis


Die goed toegeruste oopplankombuis bied moderne toertusting, insluitend ’n yskas met ’n vrieshokkie, mikrogolf, stoof, oond, ketel, koffiemasjien, broodrooster, skottelgoedwasser en kombuisware.

’n Viersitplektafel en stoele bied ’n gemaklike eetplekkie reg langs die kombuis.

’n Wasmasjien-en-tuimeldroër-kombinasie (wat ’n voorlaaiwasmasjien en ’n tuimeldroër kombineer) word voorsien, sowel as ’n strykyster, strykplank en droograk om klere/handdoeke op te hang.

Balkon & braaiplek


Op die ruim balkon kry jy ’n lekker groot tafel en ses stoele, sowel as ’n ingeboude vlekvryestaalbraaiplek met ’n braairooster daarby.

Hier kan jy ’n pragtige uitsig oor die see geniet. Stapelvensters wat heeltemal oop of toe kan skuif, verseker dat jy die uitsig van die balkon en braaiplek selfs in koue of reënweer kan geniet.

Vermaak


Die woonkamer bied gerieflike banke en 'n pragtige see-uitsig. ’n Slim-TV (smart TV) in dié vertrek bied DStv Now (volle pakket), Showmax en Netflix.

Gaste het in alle vertrekke en ook op die balkon toegang tot gratis Wi-Fi.

Bordspeletjies (30 Seconds, skaak, dambord en backgammon) sowel as speelkaarte (ook Uno) word vir gaste se vermaak verskaf.

Internet


Gaste het in alle vertrekke en ook op die balkon toegang tot gratis Wi-Fi.

Algemeen


Hierdie ruim woonstel het ’n geteëlde vloeroppervlak van 77 m2.

Parkering & sekuriteit


Veilige parkering vir een voertuig onder ’n skadunet word gratis voorsien. (Dit is nie nodig om hierdie parkeerplek te bespreek nie – dit is spesifiek La Palma Villas 35 s’n.) Veilige parkering vir besoekers is ook gratis op die perseel beskikbaar.

Die woonstelkompleks bied 24-uur-sekuriteit. ’n Sekuriteitswag is 24 uur per dag aan diens en uurlikse patrollies word uitgevoer om te verseker dat jy en jou voertuig veilig is.

Toegang tot woonstel: Hysbak


Die woonstelgebou is toegerus met ’n ruim hysbak.

Toegang tot Diasstrand: Privaat hek


Gaste het direkte toegang tot die strand (Diasstrand) deur ’n privaat hek wat net deur inwoners van die La Palma Villas-kompleks gebruik kan word. Jy kry ’n sleutel vir hierdie hek wanneer jy inklok.

Ligging


Fisieke adres

Woonstel 35 in La Palma Villas (vierde verdieping)
Kusboulevard-Oos 41 (Beach East Boulevard)
Voorbaai
Mosselbaai
6500
Wes-Kaap
Suid-Afrika

34°09'25,3" S 22°06'33,7" E
View

Plekke van belang in die omgewing


La Palma Villas 35 is net ’n paar minute se stap van ’n plaaslike supermark (Diaz Groceries) sowel as restaurante en kitswasserye.

  • Diasstrand (200 m)
  • Santosstrand (4 km)
  • Hartenbosstrand (6,2 km)
  • Diaz-waterpark (http://diazwaterpark.co.za/), insluitend ’n verhitte swembad (400 m – gemaklike stapafstand)
  • Blasters Mosselbaai (http://www.blastersmosselbay.co.za/): ’n gesinsvermaaksentrum, insluitend ’n speelarea met die grootste binnenshuise klimraam in the Tuinroete, sowel as blasting-masjiene en ’n swartlig- (ultraviolet-) gloei-in-die-donker-mini-gholfbaan (1,6 km)
  • Diaz Express (https://diazexpress.co.za/): ’n prettige treinervaring wat verskeie uitstappies vanaf Mosselbaai bied (4,6 km)
  • Bartolomeu Dias-museumkompleks (http://www.diasmuseum.co.za/), insluitend ’n lewensgroot replika van die Diaskarveel en die beroemde 500 jaar oue Posboom (4,8 km)
  • ATKV-Hartenbos by die Hartenbos-seefront (http://hartenbos-seefront.co.za): ’n pretpark, insluitend ’n waterpark, verhitte swembad, speelarea en mini-gholfbane, sowel as ’n gim (5,6 km)
  • ATKV-amfiteater (https://www.atkvoorde.co.za/vermaak) (5,7 km)
  • Garden Route Casino (6,9 km)
  • Langeberg Mall (1,9 km)
  • Bay View-winkelsentrum (4,7 km)
  • Mossel Bay Mall, Heiderand (6,3 km)
  • Garden Route Mall, George (47 km)
  • Pinnacle Point-gholfklub (3,8 km)
  • Mosselbaai-gholfklub (5,6 km)
  • Dolphin’s Creek Golf Estate (21 km)
  • Boggomsbaai-gholfklub (32 km)
  • George Lughawe (31 km)
  • Life Bay View Privaat Hospitaal (4,5 km)
  • bergfietsry
  • veldhardloop
  • staptogte
  • 4x4-roetes
  • boottoere
  • abseil
  • ziplining
  • diepsee-visvang
  • haaihokduik
  • helikoptertoere
  • voëlkyk