Tariewe, beleid & navrae


Tariewe


Middelseisoen:

  • 8 Januarie – 30 April 2024
  • R1 400 per nag
  • Minimum verblyf: 2 nagte

Buiteseisoen:

  • 1 Mei - 30 November 2024
  • R1 300 per nag
  • Minimum verblyf: 2 nagte

Hoogseisoen:

  • 1 Desember 2024 – 5 Januarie 2025
  • R3 600 per nag
  • Minimum verblyf: 5 nagte

Betaling & kansellasiebeleid


Betaling
  • Deposito (50% van totale bedrag):
    Die deposito is binne twee dae betaalbaar om jou bespreking te bevestig.
  • Balans (50% van totale bedrag):
    Besprekings wat met die Desemberskoolvakansie oorvleuel: Die balans moet op die laatste 30 dae voor die inklokdatum betaal word.
    Ander besprekings: Die balans moet op die laatste 14 dae voor die inklokdatum betaal word.
  • Jy het nie ’n kredietkaart nodig om plek te bespreek nie. Betalings word deur elektroniese fondsoorplasings (EFT) gedoen. Die bankbesonderhede sal verskaf word wanneer verblyf bespreek word.
Kansellasiebeleid

Besprekings wat met die Desemberskoolvakansie oorvleuel:

  • Gratis kansellasie tot 30 dae voor die inklokdatum.
  • Indien jy binne 30 dae voor die inklokdatum kanselleer, verbeur jy die totale bedrag van die bespreking.
  • Indien julle nie opdaag nie, verbeur jy die totale bedrag van die bespreking.

Ander besprekings:

  • Gratis kansellasie tot 14 dae voor die inklokdatum.
  • Indien jy binne 14 dae voor die inklokdatum kanselleer, verbeur jy die totale bedrag van die bespreking.
  • Indien julle nie opdaag nie, verbeur jy die totale bedrag van die bespreking.

Huisreëls


Inklok & uitklok
  • Inklok: tussen 16:00 en 21:00 (Stel ons asseblief in kennis van julle verwagte aankomstyd.) Jy is welkom om navraag te doen oor ’n vroeër inkloktyd. Ons sal jou altyd probeer tegemoetkom indien dit enigsins moontlik is.
  • Uitklok: nie later nie as 10:00
Rook verbode
  • Rook word nêrens in die woonstel toegelaat nie.
Reëls van toepassing op die woonstelkompleks
  • Ongelukkig word geen troeteldiere in die woonstelkompleks toegelaat nie.
  • Geraas en ander steuring sal nie in die woonstelkompleks geduld word nie, veral nie tussen 22:00 en 07:00 nie. Wees asseblief bedagsaam teenoor enige bure.
  • Geen rolskaatse, fietse of soortgelyke items mag op die looppaadjies gebruik word nie.
Breekskade, skade aan meubels & strukturele skade aan woonstel
  • Ons verstaan dat alledaagse items, bv. glase of borde, soms breek. Wees asseblief bedagsaam en stel ons in kennis van enige breekskade sodat ons reëlings kan tref om die betrokke item te vervang.
  • Let asseblief daarop dat indien jy strukturele of ander skade sou veroorsaak, byvoorbeeld skade aan meubels of toerusting, jy aanspreeklik gehou kan word vir die koste om sodanige item(s) te laat herstel of te vervang.
Geen badhanddoeke op die strand nie
  • Bring asseblief julle eie strandhanddoeke. Moet asseblief nie die badhanddoeke wat voorsien word, strand toe neem nie.
Skoonmaak van woonstel
  • Was asseblief alle vuil skottelgoed sowel as die braairooster voordat julle die woonstel verlaat. Moenie skoon skottelgoed in die kas pak tensy dit heeltemal droog is nie.
  • Hierdie woonstel bied slegs selfsorgverblyf. Indien jy die woonstel tydens jou verblyftydperk graag deur professionele skoonmakers wil laat skoonmaak, is jy welkom om dit met ’n plaaslike skoonmaakdiens te reël. Sodanige skoonmaakdiens is nie die bestuur van La Palma Villas 35 se verantwoordelikheid nie en is dus vir jou rekening.
  • Wanneer julle die woonstel verlaat, laat dit asseblief skoon en netjies en in dieselfde toestand as toe julle daar aangekom het.
  • Let asseblief daarop dat indien jy die woonstel in so ’n toestand sou agterlaat dat addisionele skoonmaakdienste benodig word, jy aanspreeklik gehou kan word vir die koste daarvan.

Bespreek nou


Kliek hier vir besprekings.

Kontak ons


Stuur gerus ’n WhatsApp, SMS of e-pos of bel ons om plek te bespreek of navraag te doen:

Selfoon
(+27) 082 9737 699

E-pos
margaret.rossouw@live.co.za

Vind ons op Facebook en Instagram en bly op hoogte van ons jongste nuus en promosies.