Oor La Palma Villas 35
Hierdie lieflike selfsorg-vakansiewoonstel is in ’n woonstelkompleks wat tot voor op die gewilde Diasstrand strek. Dit is gerieflik tussen Mosselbaai en Hartenbos geleë.
Die ruim woonstel is net twee minute se stap van die strand. Omdat La Palma Villas 35 op die vierde verdieping is, bied dit ook ’n pragtige uitsig op die see en Robeiland vanuit die balkon/braai-area en die hoofslaapkamer.
Kom lê op die strand, slenter langs die see, ry die branders of sit sommer net gemaklik agteroor en geniet die ongelooflike uitsig vanuit die woonstel – of val in die pad en verken die ryke verskeidenheid wat die Tuinroete bied. Die woonstel is so sentraal geleë dat ’n mens daguitstappies in alle rigtings kan beplan.
Geriewe
Twee slaapkamers:
- maksimum 4 gaste
- hoofslaapkamer: ekstra-lengte- koningingrootte-bed en pragtige see-uitsig
- tweede slaapkamer: twee enkelbeddens
- beddegoed word voorsien
Twee badkamers:
- hoofbadkamer (tussen die twee slaapkamers): ruim instapstort, wasbak en toilet
- tweede badkamer (en suite by tweede slaapkamer): stort, wasbak en toilet
- badhanddoeke word voorsien
Kombuis:
- goed toegeruste oopplankombuis met moderne toerusting
- yskas met vrieshokkie
- mikrogolf, stoof en oond
- ketel en koffiemasjien
- broodrooster
- skottelgoedwasser
- kombuisware
Was- en strykgeriewe:
- wasmasjien-en-tuimeldroër-kombinasie (wat ’n voorlaaiwasmasjien en tuimeldroër kombineer)
- strykyster, strykplank en droograk vir klere/handdoeke
Werkruimte:
- viersitplektafel en stoele bied ’n gemaklike werkruimte
Woonkamer:
- pragtige see-uitsig
- slim-TV (smart TV) met DStv Now (volle pakket) en Showmax
- bordspeletjies en speelkaarte
Wi-Fi:
- gratis Wi-Fi
Balkon en braaiplek:
- ruim balkon met groot tafel en ses stoele
- ingeboude vlekvryestaalbraaiplek en braairooster
- pragtige uitsig oor die see en Rob-eiland
- stapelvensters wat heeltemal oop of toe kan skuif – jy kan dus selfs in koue of reënweer die uitsig vanaf die balkon en braaiplek geniet
Vloeroppervlak:
- geteëlde vloeroppervlak van 77 m2
Parkering & sekuriteit
Veilige parkering vir een voertuig onder ’n skadunet word gratis voorsien. (Dit is nie nodig om hierdie parkeerplek te bespreek nie – dit is spesifiek La Palma Villas 35 s’n.) Veilige parkering vir besoekers is ook gratis op die perseel beskikbaar.
Die woonstelkompleks bied 24-uur-sekuriteit. ’n Sekuriteitswag is 24 uur per dag aan diens en uurlikse patrollies word uitgevoer om te verseker dat jy en jou voertuig veilig is.
Toegang tot woonstel: Hysbak
- woonstel is op 4de verdieping
- ruim hysbak
- omsetters verseker dat hysbakke ook tydens beurtkrag werk
Toegang tot Diasstrand: Privaat hek
- direkte toegang tot Diasstrand deur privaat hek wat net deur inwoners van die La Palma Villas-kompleks gebruik kan word
- gaste kry ’n sleutel vir hierdie hek wanneer hulle inklok
Ligging
Fisieke adres
Woonstel 35 in La Palma Villas (vierde verdieping)
Kusboulevard-Oos 41 (Beach East Boulevard)
Voorbaai
Mosselbaai
6500
Wes-Kaap
Suid-Afrika

Plekke van belang in die omgewing
La Palma Villas 35 is net ’n paar minute se stap van ’n plaaslike supermark (Diaz Groceries) sowel as restaurante en kitswasserye.
Foto's
Fisieke adres